Saturday, July 26, 2008

3. Die verhaal

Name van die wat gehang is op 9 Maart 1816

Hendrik Frederik Prinsloo
Stephanus Cornelis Bothma
Cornelis Johannes Faber
Theunis Christiaan de Klerk
Abraham Carel Bothma

Die hele gebeurtenis, het oor 'n lang tydperk plaasgevind, en het begin toe 'n sekere Boer Bezuidenhout, een van sy slawe verdink het van diefstal.

As gevolg hiervan het hy besluit om die slaaf (Booi) se loon terug te hou. Booi was egter ontevrede hieroor en het vir Bezuidenhout gaan aankla by dy die landdros op Graaff-Reinet. Bezuidenhout is gedagvaar om voor die hof te verskyn op Graaff-Reinet, maar hy het geweier om te gehoorsaam. As rede het hy aangevoer dat hy nie so lank van die huis af kon bly nie, en ook dat die jig hom gepla het.

Hy is 'n tweede maal gedagvaar, maar steeds het Bezuidenhout nie gehoor gegee nie. In sy afwesigheid, is hy dan op 5 Oktober 1815, gevonnis tot 1 maand tronkstraf.

Op 16 Oktober, daag daar 'n groep Hottentotte op met 4 blanke soldate vir die inhegtenisname van Bezuidenhout. Vinnig gaan skuil hy by 'n klipskeur op die plaas. Bezuidenhout is egter noodlottig gewond deur een van die Hottentotte ...

Op die begrafnis, sweer Johannes Bezuidenhout, broer van Bezuidenhout, 'n eed dat hy sy broer se dood sal wreek.

Saam met 'n paar vriende as leiers, beplan Johannes 'n opstand teen die Kaapse regering. Op 18 November daag 'n mag bestaande uit 30 Boere en 40 Engelse soldate op, en sodoende gee die samesweerders sonder dat daar geveg was, oor.

Johannes, het ook soos sy broer, hom verset teen inhegtesname, en word noodlottig gewond.

Op 20 Januarie 1816, is 5 van die mans ter dood veroordeel. 'n 6de, Willem Krugel, is begenadig. Op 9 Maart 1816, het honderde opgedaag vir die teregstelling. Die luike is weggehaal, maar 4 van die 5 galgtoue breek... (wie s'n het nie gebreek nie?)

"This rebellion was quickly and severely suppressed by Colonel Jacob Glen Cuyler, an American in the British army, who hanged five of the rebels at Slagtersnek.



This hanging became something of a cause célèbre as four out of five of the ropes broke. Despite the popular belief that this was an act of God, Cuyler sent away for fresh rope which caused a delay of several hours before the remaining four were hung for the second time."

Daar is gesmeek vir die lewens van die 4 mans, maar die Engelse offisier het beveel dat hulle weer gehang moes word. Die Boere het dit as 'n vingerwysing van God beskou, maar die Engelse het hulle min hieraan gesteur. Die 2de maal, breek die toue nie.
Hierdie gebeurtenis sou amper 20 jaar later, as een van die oorsake vir die Groot Trek gegee word. Click here if you wish your business to be listed for free in our directories.

Do you want this index page to redirect to your site - contact proplib@ gmail,com

For 10 c a day we will link to your website from our site. Tell'em you saw them on "SA Cell"

If you have a product that fits under this heading go to Click here

Did you not find what you were looking for?

If you have a comment on any supplier - write one in the comments section! Tell us about your positive experiences of listed suppliers

Visit the UK Directory

Harvard Outsourcing Solutions - South Africa. A South African employee outsource company. We are an employee outsource company. We have skills and we need skills. If you have skills contact proplib@gmail.com If you need skills contact proplib@gmail.com

No comments: